dis toe jy daar was ,
wat ek vergeet het van die middag reën.
toe die stadsliggies jou in jou drome verras,
en die Here jou vir my kon leen.

jou bestaan in my lewe,
kon net die onverwagste opbring,
ek wens ek sal myself eendag kan vergewe,
vir al die baklei en ou stories bedwing .

miskien sal jy my onthou vir al die goed en min van die sleg,
die koffie aandra en die opvee as jy druppels laat val.
sonder dat ek geweet het , was jy vinniger weg,
en ek onthou nog dit wat ek beloof het , ek sal jou lief bly hê , ek sal.