dis die sekondes voor seer,
die onverwagte lewensverandering.
die glimlag wat breek keer op keer,
en alles net te veel deur dring.

die onverklaarbare minute,
van onsekerheid.
die einde van opgeboude liefde
en herinneringe in die meerderheid.

hoe sê mens totsiens ,
vir iemand waarvoor jy lief is .
ek en jy is elkeen 'n ander mens ,
waarvoor sy lief was , en jy nie is .