my tee proe anders en smaakloos ,
sonder Spoegwolf op die radio , en jy verklap geheime.
oor die dinge van die maan en dinge soos ,
die konserwatiewe druppels van my , eintlik syne.

dis anders as jy saggies soen ,
en dan weer jou sagmoedige vat oor my.
is dit hoe dit voel , wanneer jy dinge doen ,
wat jy weet jy kan doen , net jy .

ek raak verdiep in jou woorde wat voetjie voor voetjie stap,
alleen , maar tog iets wat vertel word.
teken jy werklik jou idee van my op jou skoon wit lap.
of op 'n eensame klipharde bord ?