jou liefde herinner my aan sagte reën,
êrens verlig dit my oneindige verlate geheue.
onthou van verlief wees en toe jy jou aanraking vir my leen.
dis nou leeg, geen gedagte , so verleë .

waar vind ek jou , êrens agter of in vandag ,
daar is nie 'n onthou van die sterre slaap die vorige nag.
miskien fluister hulle vir mekaar oor jou oë en lag.
aangetrokke vir dinge soos jy
en die reën, aanhoudend sag.