Ek mis die vat van jou hande
al was daar geen bande.
Ek mis die kleur van jou oë
waarin ek glo.

Ek mis die reuk van jou
aftershave.
Ek mis die stil tye.
Ek mis jou teenwoordigheid.

Here, hoe kon U tog
die geluk van my wegvat?
Hoe vergeet ek
die glimlag spiere

wat my onkant vang?
Maar nou het jy my verlaat
Nou en vir ewig,
sit ek sonder jou.