Saam gejubbel,
saam gejuig,
saam kattekwaad aangejaag,
saam ons lewenspad begin.

Kleuter kinders
Kaalvoet kinders

Ons slagspreke:
"Yster slyp yster
en yster slyp ons."
Wat het geword van ons drome?

Tyd het ons verlaat
Tyd bring ons bymekaar

Vir so lank is die kind wees
lank vergete en hier sit ons
verlate in 'n skoolsaal.
'n Lese gebordier op ons baadjies:

"Die bodem is die lewe"

'n Yster het geval,
'n lewe is geneem.
Oneindigbare denke vloei
deur my gedagtes:

Hoekom...?
Wat het geword van broerderskap?
Wat het geword van vriendskap?
Wat het geword van jou, my vriend?

Vorm van sweet,
vorm van bloed,
vorm van geslypte yster,
'n weerkaatsing van jou.

My trane lê vlak
terwyl ek 'n foto van jou plak.
My hart is seer
en ek kan dit nie keer.

My vriend,
My broer.

Vir jou sal ek nooit vergeet