In jou oë het ek verdwaal
daar waar die sterre rond dwaal.
Die blou skeinsel in jou oë
is soos die van reënboë.

Ek voel jou lippe oor my vee
so soet soos heuning en tee.
Soos jou hande liggies oor my streel
kan ek sien my sonskyn word weer geel.

Jy het my voete onder my uit geslaan
soos 'n planeet wat wentel in 'n ander baan.
My hart loop oor van ons liefde
soos die maan ryker word met sy kleure.

Ek wil saam jou sit en lag
oor ons goeie ou dae, daar waar
ons koneksie 'n tipe van perfeksie word,
daar waar die wêreld nog mal was.

My Lief, vir jou wil ek hê
vir nou tot in oneindigheid.