Sagte reën druppels wat val
op die kar se voorruit en
die aarde wat elke druppeltjie
in neem om sy dors te les.

Die plante se blare dans van blydskap
en die bome se takke jubbel en juig.
Dis net God se genade wat
die strate so skoon kan was.

Ek kan nie die gedagte van jou vergeet nie.
Ek het bly wonder hoe dit sou wees
om jou te omhels; jou teenwoordigheid te voel.
Dis die dag wat ek jou ontmoet het.

Jy was vriendelik en liefdevol.
Jy was my stukkie goud.

Om in jou oë te staar laat my voel
of ek in my veilige vesting vas gevang is.
Jou hande breed en groot,
maar genoeg om liefde vas te vang.

Jy was my geluk.
Jy was my alles.
Maar tot ek jou eendag weer sien
met die ander helfde van my hart

Dan sal jy weet ek het jou lief