'n Belofte van liefde.
'n Belofte van vreugde.
'n Belofte van Hoop.
'n Belofte vir altyd.

Deur die stryd van ons lewenspad saam
het die plaas pad 'n belofte
van hoop in ons harte geplaas waar
die klip 'n getuie van ons liefde was:

"Vir jou sal ek veg. Vir jou sal ek
bystaan, vandag, hier en vir altyd"

Ons liefde is die fondament waarop
die instrumente klank deur die snare
van my hart tokkel en die teenwoordigheid
van spook skare die teater vul.

Liefde is nie net vir ons gemaak nie,
maar geleen van Pappa God, wat hand
aan hand saam ons op die ou plaas pad stap,
met die belofte op ons klip gegrafeer.

Ons liefde bring nie net geluk en hoop nie.
Ons liefde bring vreugde aan die siel.
Liefde genees wonde wat ontstaan van oertyd af.
Ons liefde is die fondament waarop ek wil staan.

Hulle sê dat pad kaarte die sukses tot
'n hoopvolle avontuur is, maar as ek my
hand in joune plaas skryf die lyne op ons
palms 'n avontuur van hul eie.

'n Lied van Klaagliedere.
'n Storie van Job.
'n Gedig van Spreuke.
'n Verhaal van Mattheus.

En so leer die ou plaas pad my weer
dat my kompas in die plek van jou hart lê.