Met dagbreek verander jou gemoed,
Jy sing saam op Koos se Lisa se klavier.
Jy ken jou koffie, en proe bitter sonder dat jy dit verhoed.
Waar is jy as die son sak , want jy is nie hier.
Hier waar jy saggies fluister na die sterre,
En wag , wag vir die loerie se roep .

Jy is aangetrokke tot die lettergrepe van Deon Meyer .
Vasgevang , tydloos en jammer.
Jy kry gevoelens vir die mooi daarvan , maar jy weier.
Weier om te erken jy is anders as ander.

Jou naam proe soos soet .
Jou naam laat my lewe en lag.
En jy verstaan die gevoel van dit goed.
Maar jy blaai om nou , dis die einde van jou dag.