As kind het ek soveel drome gehad
Oor feëtjies, liefde ..
So onskuldig, so jonk
So ... vulnerable ...

Maar vinnig verander
feëtjies in monsters
en liefde eindig op
in seer situasies ..

Die onskuldigheid verander in wraak
Ek is nie meer dieselfde mens nie.
Ons was jonk en ewe skiekik groot
Ons stap in 'n wêreld van gebroke glas

Ek was eens jonk
Ek was eens myself

Ek het gevolg wat gesê is
maar wat maak dit saak
as die wêreld aanhou
my feëtjie se vlerke uit ruk ...

Een ... Vir een ... Vir een ... Vir een

Ek wens ek het eerder gedroom
oor geitjies en groen gras,
waar my stertjie sterker elke keer sterker was
en waar ek altyd sag en helder kon wees

Maar drome was eens net drome