Drome
As kind het ek soveel drome gehad
Oor feëtjies, liefde ..
So onskuldig, so jonk
So ... vulnerable ...
Maar vinnig verander
feëtjies in monsters
en liefde eindig op
in seer situasies ..
Die onskuldigheid verander in wraak
Ek is nie meer dieselfde mens nie.
Ons was jonk en ewe skiekik groot
Ons stap in 'n wêreld van gebroke glas
Ek was eens jonk
Ek was eens myself
Ek het gevolg wat gesê is
maar wat maak dit saak
as die wêreld aanhou
my feëtjie se vlerke uit ruk ...
Een ... Vir een ... Vir een ... Vir een
Ek wens ek het eerder gedroom
oor geitjies en groen gras,
waar my stertjie sterker elke keer sterker was
en waar ek altyd sag en helder kon wees
Maar drome was eens net drome
Chrizelle De Vries
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 11/28/2023
Poet's note: Ons almal het ons eie drome as kind gehad, maar oor tyd verander ons visie van wat ons eens gedink het ons wil hê
The copyright of the poems published here are belong to their poets.
Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.