Ek staar na die kole in die vuur
met my rug teen die muur
Wie sou kon dink
dat jy 'n oog op my sou mik

'n hart so... sag ...

Jy raak stiller en stiller elke dag
Elke keer 'n soen voor jy moet ry
Ek wens jy kon net bly
Maar wat het geword van jou, my lief?

Hartseer spoel oor my
soos die see oor die rotse klap
Ons herinneringe weer klink
die branders wat slaan teen my hart

Waar is jy nou my lief ?

'n Pleister vir elke sny,
maar wie sou dink dat jy sou gly
'n Hart so sag maar tog so broos
soos die van glas wat breek

Wie sou kon dink jy was net geleen
nou is jy in my hart vas gesteen