Nog 'n Bietjie

'n tronksel vir elke emosie:
liefde, geluk, liefde, lewe
Die emosies wat die snare
van my hart af ruk;

een...vir een...vir een

Stadig maar verseker verloor
ek moed en die bloed hou
aan tap soos die van 'n
lopende kraan

Bottels water kan nie meer
by hou met die tremp van
trane wat een vir een land
op die fondasie van pyn

Nog 'n bietjie pyn...
Nog 'n bietjie seer...

Maar deur die goed en die sleg,
die bitter en die soet
weet ek dat die fondasie
van geluk my rusplek is

Chrizelle De Vries
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 11/26/2020

Poet's note: Elke mens het emosies wat hulle van binne af op eet. Ek het geleer deur om my emosie en vrese neer te pen in die vorm van 'n gedig. Ek het die gedig geskryf deur inspirasie van Lee-Ann Hendricks asook my eie emosies. Die gedig verduidelik dat deur al die hartseer sal 'n glimlag aan die einde van elke moeilike tonnel wag.
The copyright of the poems published here are belong to their poets. Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.