Jou Lot

jy aanvaar jou lot ,
verf en dans heeldag vir jou genot.
anders en uniek lag jy sonder geluid .
wanneer jy luister na die winter se besluit .

wanneer die wêreld mooier is,
jy en liefde albei stom vermis,
dan speel ons hand-in-hand
en help vir hompie terug op die rand .

jy aanvaar jou lot,
musiek en kuns vir jou genot .
jy eindig met verwondering,
en los my met 'hoekoms' en min versekering.
hoe doen jy dit ?
wees mooi en glimlag soms as jy buite langs die waterpoele sit .

Gedigte Van Waarheid Digkuns
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 07/01/2021 The copyright of the poems published here are belong to their poets. Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.