Seer

Gemengde gevoelens
Heen en weer ... deur en deur
Met oë vol trane
Hoe kies ek nou die antwoord?

Alexander Stewart
Jessy Murph
Adele

Musiek wat gons in die agtergrond
My gedagtes hardloop rond
Hande rusteloos in my skoot
Stemme wat nie ophou fluiter

Lewis Calpadi
Selena Gomez
Natalie Jane

Gemengde emosies
Hartseer, teleurgesteld, deurmekaar
Trane wat opdam op my wang
Is ek bang vir wat kan gebeur ?

Soos donker die dag inwag
Geen lig wat my omvou nie
Geen arms wat my veilig hou

My gedagtes wat senario's skep
Gemengde gevoelens...gemengde emosies

Chrizelle De Vries
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 05/07/2023

Poet's note: Mens het soms baie gemengde gevoelens of selfs emosies wat onverwags in die lewe opdaag. Ek het die gedig geskryf omdat ek self soms baie van die emosies ervaar.
The copyright of the poems published here are belong to their poets. Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.