Meer As Goud Werd

Dagsorg...
Kleuterskool...
Laerskool...
Hoƫrskool...

Om elke draai en elke kronkel pad,
is jy die een wat my hand red van skaduwee.
Van parkies tot roomys tot lag tot huil,
is die slapelose nagte verruil met slaap.

Van al ons onrealistiese drome wat
ons diewe en rowwe met ons
rocketships maan toe stuur waar
geen ruimtevaarder hul sal vind.

Van al ons lag is daar lyne wat
al die ouderdom nader stoot.
Die lyne is 'n teken van 'n
skadelose vriendskap

My hart loop oor van dankbaarheid
soos ek dink aan al ons tye saam.
Van al die gebrande pizza's tot
gebrande lywe langs die see blou swembad.

Jou ondersteuning verander my
negatiewe motivering na die positiewe;
my angstigheid na rustigheid
en my pyn weer in liefde.

My Vriendin, My onbiologiese Sussie:
Jy is meer as net my stukkie goud werd.

Chrizelle De Vries
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 11/14/2020

Poet's note: Die gedig is geskryf deur inspirerende sinne van Charmaine Coetzee na haar vriendin. Die gedig handel oor haar dankbaarheid vir die vriendskap. Sy is veral ondersteun deur die vriendin deur al haar donker tye. 14/11/2020
The copyright of the poems published here are belong to their poets. Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.