Jy

Waar is jy nou?
In iemand anders se
arms vas gevou?
Maar ek verstaan nie,
in droomland is jy tog nog myne!

Ek mis die kleur
van jou oë
Ek mis die reuk
van jou klere

Ek mis jou arms
wat my omhels
Ek mis jou lippe teen myne
Ek mis ons lawwe oomblike

Musiek!

Musiek wat dreun oor
die kar se speaker
en jy wat sal sing
tot in oneindigheid.

In koue jag aande was
jy die bron van hitte
wat my veilig laat voel.
Die soort wat sukkel om te los.

Van vreemdelinge
na vriendskap
en vriendskap
na liefde...

Maar toe jy die vislyn
in gooi en my onkant vang
het ek nooit gedink
dis die laaste keer.

Van geliefdes
na vreemdelinge...

Nou is ons weer terug
by die begin,
behalwe die keer
met herinnering.

Chrizelle De Vries
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 06/30/2021

Poet's note: Die gedig is vir my laas geliefde. Ek het nie geweet waar om te begin nie, maar toe ek alles neer skryf wat ek mis en kan onthou, het die woorde soos musiek oor my tong gevloei. Die gedig is 'n teken van ons liefde en wat was, maar dit sal nooit vergeet word nie. 30/06/2021
The copyright of the poems published here are belong to their poets. Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.