Donker ,koud en lank is die nag
die wind se gejaag na niks
die stilte wat wag na geraas
getjank van honde in die verte

Elke geluid het sy storie
die dakplate se geraas
die gefluit van die wind
die gesus van sy deentjie

water tref moeder aarde meteens
vars reuk van reen en grond
elke druppel val met ritme
die donder onderbreek momentum

Lig in die donker deur bliksems
maak sy verskyning net vir n oomblik
die vloei van strome water
vertel die storie van n koue wintersnag