Jy

jyt my gewys
dat woorde en dade verskil,
of altans joune .
jyt gemaak dat ek nou ophou hoop,
en ophou lag, en aanhou soek na jou foute.

jy vergeet wie jy wil lief he,
so nou het jy maar almal lief,
ek weet net nie meer hoe om dit te se ,
jy is naïef.

naïef vir aandag ,
liefde,
en ek smag,
smag na jou leë wêreld ,
om vir eens te leef sonder sorge ,
en te glo in liefde ,
liefde wat aanhou lewe ,
liefde wat brand in jou wese.
nie joune nie ,
dis lankal nie meer van belang nie.

Gedigte Van Waarheid Digkuns
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 07/01/2021 The copyright of the poems published here are belong to their poets. Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.