Dalk Anders

dis die vroegoggend koffie asem,
met vensters toe gewasem.
ek wonder oor dinge soos jy en gister.
opwindend , die geheimhouding en saggies fluister.

ons lag oor dinge soos boeklees en jy vir my.
simpel , maar tog fasinerende gedagtes oor jou wat ek nie vermy.
die ysblou kyk van jou .
wat deur my onverklaarbare siel loer.

die kort afstand tussen ons hande en gevoel ,
is gekronkel met dinge soos verwondering en dinge nie bedoel.
maar ons dink nogsteeds aan dinge soos ek , jy en wat as .
wat as dit net dalk anders was .

Gedigte Van Waarheid Digkuns
(C) All Rights Reserved. Poem Submitted on 07/01/2021 The copyright of the poems published here are belong to their poets. Internetpoem.com is a non-profit poetry portal. All information in here has been published only for educational and informational purposes.